Lees ook: Voormalige EFF- Ekurhuleni ondervoorsitter Koketso Mojatau vermoor
Sewe verdagtes is in hegtenis geneem na die beweerde kaping en moord op raadslid Koketso Mojatau. Koketso Mojatau en sy vriend is die naweek langs ’n KFC gekaap en vermoor.
Die verdagtes het in sy voertuig gevlug, wat later verlate gevind is by die Nguni-hostel op Vosloorus.
Die polisie het inligting ontvang wat hulle na ’n huis in Phumula Park gelei het. Daar het hulle vier verdagtes, almal Suid-Afrikaners, in hegtenis geneem en die ander verdagtes ingewag.
Daar was ’n skietery en een verdagte is dood, twee is in hegtenis geneem (een van Mosambiek en een Suid-Afrikaans) en een verdagte het glo gevlug.
Daar is verskeie vermoedelik gesteelde items in die huis gevind. Die verdagtes sal binnekort in die Palm Ridge-hof verskyn.
Bronne: IOL, News24, VN Explorer
Lees ook: Voormalige EFF- Ekurhuleni ondervoorsitter Koketso Mojatau vermoor



