Lees ook: Suid-Afrika het ‘n kokkerot-uitbraak
Die departement van gesondheid het gesê daar is geen kokkerot-uitbraak in Suid-Afrika nie.
Verlede week het CropLife SA, ‘n NPO wat die gebruik van wettige insekdoders aanmoedig, aangekondig dat daar ‘n uitbraak van Duitse kokkerotte dwarsoor die land is met Gauteng, Limpopo, die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal wat die meeste geraak word.
Die departement van gesondheid het gesê daar is nie ‘n uitbraak nie, want hulle span wat sulke voorvalle monitor, het nog niks aangemeld nie. Hulle het ook gesê dat privaat organisasies nie sulke verklarings kan maak nie; dit moet deur die minister gedoen word.
Bronne: Sowetan LIVE, HeadTopics
Lees ook: Suid-Afrika het ‘n kokkerot-uitbraak



