‘n Gr. 5-seun van Rocklands Primary School is dood nadat skoliervervoer, ‘n Toyota Quantum, Maandag 24 April 2023 om 08:10 op die hoek van Margueritestraat en AZ Bermanrylaan in Mitchellsplein, Wes-Kaap in ‘n ongeluk betrokke was.
‘n Video van die ongelukstoneel is deur Spineview Primary School, wat ook leerlinge in die Toyota Quantum gehad het, gedeel.
Kapt. Frederick van Wyk sê die Toyota Quantum, wat 24 passasiers vervoer het, en ‘n BMW was in die ongeluk betrokke.
Al 24 passasiers was kinders van verskeie skole in die Mitchellsplein-area.
Die seun is met ernstige beserings na ‘n nabygeleë hospitaal geneem waar hy aan sy beserings gesterf het. Die ander kinders is deur paramedici op die toneel behandel voordat hulle na hospitale in die omgewing geneem is.
Die Lentegeur-polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.
Nog geen inhegtenisneming het plaasgevind nie, maar die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Indien enigiemand inligting van die ongeluk het, word hulle versoek om met Lentegeur-SAPD in kontak te kom. Alternatiewelik kan Stop Misdaad by 08600 10111 gekontak word.
Lees hier wat Spineview Primary School se skoolhoof op die skool se Facebook-blad geplaas het:
Dear Parents and Guardians of our precious children.
Every day we alert you when your children are late in the morning or afternoon.
Late drivers rush and put your children in danger.
Today 2 of our learners were involved in an accident. They are fine but traumatized because 1 Rocklands School child in the same van passed away.
Our sincere condolences to all his loved ones.
Last week another “accident” claimed the life of a Hazeldene Primary learner.
Please make sure your children are transported by responsible drivers with PDP License and are ON TIME in the morning and afternoon.
We are now in Winter season, the roads are wet and drivers MUST RESPECT THE DANGER THEY POSE TO OUR LOVED ONE.
Together We Can
Mr G Elliott
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



