Suid-Afrika het ‘n kokkerot-uitbraak

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Voormalige polisiekaptein tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir ontvoering, roof

Volgens ‘n verklaring van CropLife SA, wat verslae ontvang het oor die aanwesigheid van kokkerotte dwarsoor die land, het Suid-Afrika ‘n uitbraak van Duitse kokkerotte.

Die insekte is gewoonlik in die aand aktief, maar hulle is nou selfs in die dag aktief.

Dr. Gerhard Verdoorn van CropLife SA het gesê die uitbraak word veroorsaak deur die weer oor die afgelope twee jaar asook die vuil leefomstandighede in Suid-Afrika. Hy het gesê skoon kombuise sal beter werk om ontslae te raak van kokkerotte as insekdoders wat skadelik vir mense kan wees.

Bronne: 702, VN Explorer, Farmers Weekly

Lees ook: Voormalige polisiekaptein tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir ontvoering, roof