Lees ook: Drie vroulike poskantoorwerkers doodgeskiet
‘n Voormalige polisiekaptein is Dinsdag in die Bafokeng-streekshof tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir roof en ontvoering.
Voormalige polisiekaptein Steve Molatedi is in September 2022 skuldig bevind aan roof en ontvoering na hy en ‘n medepligtige glo ‘n buitelander se besigheid beroof het op 12 Maart 2018. Hulle het die man beroof, gedreig met vuurwapens en in ‘n chalet toegesluit.
Die medepligtige is onskuldig bevind en vrygelaat.
Bronne: IOL, Banoyi, Surgezirc



