President Ramaphosa trek verklaring dat SA van IS gaan onttrek, terug

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Ackerman skuldig op meeste aanklagtes verbind aan kinderseksring

President Cyril Ramaphosa het Dinsdag in ‘n ongewone ommekeer sy verklaring dat Suid-Afrika van die Internasionale Strafhof (IS) gaan onttrek, teruggetrek en gesê Suid-Afrika bly in die IS.

Ramaphosa het vroeër die verklaring by ‘n gesamentlike persverklaring met die Finse president Sauli Niinistö gemaak en gesê Suid-Afrika het besluit om te ontrek van die ICC as gevolg van die “onregverdige hantering van probleme”.

Ramaphosa se woorvoerder het ure later gesê dit was ‘n fout en Suid-Afrika is steeds ‘n lid van die ICC.

Bronne: Daily Maverick, EWN, SABC

Lees ook: Ackerman skuldig op meeste aanklagtes verbind aan kinderseksring