LEES OOK: Strafbare manslag-beskuldigde in hof vir dood van klein Amé
Sowat 100 leerders en ouers van Sisonke Sekondêr in KwaNobuhle, Kariega, het Maandag en Dinsdag strate versper, bande gebrand en fluitjies voor hul skool geblaas om teen ’n tekort aan onderwysers te betoog.
Hulle wil hê die skoolhoof, wat sedert verlede jaar met siekverlof is, moet vervang word, en hulle wil meer onderwysers hê.



