‘n Man (25) is Maandagoggend dood toe hy en drie vriende na ‘n aand uit by ‘n vulstasie gestop het en sonder dat hulle geweet het hulself in ‘n rooftog vasgeloop het.
Die vriende het by ‘n vulstasie in Tambavati Trust in Acornhoek Mpumalanga gestop om ondersoek in te stel nadat hulle ‘n geluid vanaf hulle motor gehoor het. Die voorval het omstreeks 01:00 Maandagoggend plaasgevind.
Volgens personeel by die vulstasie het ‘n groep onbekende verdagtes die vulstasie binnegestorm en almal beveel om op die grond te gaan lê terwyl hulle ‘n kluis opgeblaas het.
Een van die vier vriende is in die voorval raakgeskiet. Daar is met hom na ‘n hospitaal gejaag, maar hy is met sy aankoms dood verklaar.
Voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagtes met ‘n onbekende som geld gevlug het. Niemand anders is dood nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



