Man doodgeskiet in straat gevind

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man is vanoggend 26 April 2023 net na 08:00 In Stanleystraat, New Germany, Pinetown, KwaZulu-Natal doodgeskiet gevind.

ALS Paramedics sê hulle het verskeie oproepe van ‘n skietvoorval ontvang. Met aankoms op die toneel het hulle ‘n man, vermoedelik in sy 30’s, met ‘n enkele noodlottige skietword aan sy kop, aangetref waar hy in die teerpad gelê het. Niks kon verder vir hom gedoen word nie en paramedici het hom op die toneel dood verklaar.

Omstandighede rondom die skietvoorval is onbekend.

Polisie is op die toneel om ondersoek in te stel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel