Twee kinders verdrink – polisie waarsku ouers en voogde

Deel hierdie storie / Share this story

Twee seuns Vhonani Chaele (11) en Pfariso Mamudidibi (12) het Sondag 23 April 2023 in die Nzhelele-rivier te Tshituni Tsha Fhasi-woonbuurt in Pphephu-polisiëringsarea in Limpopo verdrink.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê die waarnemende provinsiale kommissaris, maj.genl. Jan Scheepers, het ouers en voogde ernstig versoek om na hul kinders om te sien.

Volgens inligting het die twee ‘n familielid besoek en om 16:00 uitgeglip om in die rivier te gaan swem, waar hulle verdrink het.

Ledwaba sê gemeenskapslede het nadat hulp gesoek is daarin geslaag om een van die seuns se liggame uit die rivier te haal. Polisie se soek-en-reddingsduikers kon die tweede seun se liggaam uit die rivier haal.

‘n Geregtelike doodsondersoek is geregistreer om die omstandighede rondom die insident te ondersoek.

“Parents and guardians are cautioned to ensure that their children do not take part in swimming activities unsupervised and to be extremely careful to ensure they continuously don’t loose sight of their children at to avoid such heart-breaking incidents,” het generaal Scheepers gesê.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel