Foto’s van beseerde bejaarde vrou (91) op sosiale media

Deel hierdie storie / Share this story

WAARSKUWING: Nie vir sensitiewe lesers nie.

Foto’s van ‘n ernstig beseerde bejaarde vrou word wyd op sosiale media versprei.

Elodé (91) wie se van onbekend is, is Sondag 23 April 2023 ongeveer 11:35 in haar huis op Edenburg in die Vrystaat aangeval.

Kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die voorval plaasgevind het toe ‘n onbekende verdagte die bejaarde vrou se kamer in haar huis binnegegaan het. Hy het haar begin aanrand sonder om met haar te paat.

Sy het beserings aan haar kop en gesig opgedoen en is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal in Bloemfontein geneem.

Die polisie is besig om die voorval te ondersoek. Tot op hede is nog geen arrestasies gemaak nie.

Volgens die verspreide plasing is die bejaarde vrou vir dood agtergelaat. Sy is in haar huis aangetref nadat sy nie ‘n afspraak nagekom het nie.

Foto’s: ZACO Trading General Dealer en Yasmeen Ranchod

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel