Ouma, ma, kleinseun van dieselfde familie moontlik vergiftig – dood

Deel hierdie storie / Share this story

Drie familielede – ‘n 55-jarige ma, 28-jarige dogter en 3-jarige kleinseun – is moontlik dood weens kos wat hulle op Dinsdag 11 April 2023 vir aandete gehad het.

Lt.kol. Thabo Covane sê twee ander familielede het by die Pelonomi-hospitaal behandeling ontvang.

Omstreeks 00:46 op die betrokke dag het polisie ‘n klag van Dr. J.S. Moroka-hospitaal ontvang. Met aankoms van die patrollievoertuig is drie mense deur verpleegsters uitgewys wat by die hospitaal aangekom het vir behandeling, maar reeds oorlede is.

Daar word vermoed dat hulle giftige kos geeët het. Hulle het spaghetti en maalvleis tuis voorberei en nadat hulle volgens die oorlewendes geeët het, begin opgooi.

Die kos, wat vermoedelik gif bevat, is deur lede van PKRS (Plaaslike Kriminele Rekordsentrum) versamel en vir ontledeing na die Nasionale Forensiese Wetenskaplaboratorium gestuur.

‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen en word ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel