‘n Seun (3) is Saterdag 22 April 2023 by Chris Hani-nedersetting naby Bloemfontein dood nadat hy glo beskuitjies geeët het.
Lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê Kopanong-polisie is omstreeks 12:10 ontbied. Met hul aankoms het die lede die 3-jarige seun gevind waar hy roerloos op die rusbank in die huis gelê het.
Die polisie is ingelig dat sy 25-jarige ma beskuitjies by ‘n plaaslike winkel gekoop het. Daar word beweer dat die 3-jarige seun die beskuitjies saam met vriende geëet het. Die vriende is vir behandeling en waarneming na die hospitaal gehaas.
Nooddienspersoneel het die seun egter dood verklaar.
Die polisie het die plaaslike winkel besoek en alle soorgelyke produkte versamel, verpak en vir ontleding na die Nasionale Wetenskaplaboratorium gestuur.
‘n Geregtelike doodsondersoekdossier is geregistreer vir ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



