Die trofeekas by die Hoër Meisieskool Oranje is nóg een ryker nadat die o.18A-netbalspan onlangs Meisieskool La Rochelle se Super Schools-toernooi in die Paarl gewen het.
Dis die span se vyfde kroon in die laaste 12 maande. Oranje het Paarl Girls’ High met 24-20 in die eindstryd verslaan in ‘n herhaling van 2022 se eindstryd van die Nasionale Kampioenskap toe hulle met drie doele baas was.
Dit was ook die tweede oorwinning oor Girls’ High in die toernooi. Vier van die deelnemende skole het verlede jaar in die top 10 van die nasionale ranglys geëindig.
FOTO:
Oranje se wenspan is van links, voor: Corné Marais (afrigter), Marilet Blom, Mari Nortje, Karla Victor (kaptein), Amy Fröhlich en Marguerite Cronjé; agter: Burta de Kock (afrigter), Marianne Louw, Jessica Barnard, Cara Smith, Mienke Delport, Roline Louw, Marelise Wilson (fisioterapteut) en Anne-Marie Klink (spanbestuurder).
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



