‘n Man (32) het vandag in die Butterworth-landdroshof verskyn op aanklagte van die onwettige besit van ‘n menslike liggaamsdeel.
Volgens die SAPD is die verdagte deur lede van die gemeenskap in hegtenis geneem nadat hulle hom glo in die besit van ‘n manlike geslagsdeel betrap het.
Die man is Donderdag 20 April in hegtenis geneem. Hy was glo na ‘n koper op soek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



