Help om Christiaan op te spoor

Deel hierdie storie / Share this story

Christiaan Wright (40) is sedert 21 April 2023 in Rustenburg, Noordwes, vermis.

Hy het van Obaro Rustenburg met sy fiets en ‘n rugsak gery en is later by die Rustenburg-kruising in die rigting van Northam gesien. Sy foon is sedertdien af en hy het nog geen kontak met sy familie gemaak nie.

Hy het bruin hare en groen oë.

Uitkenbare merke is ‘n tatoe van ‘n duif en biddende hande op sy linkerarm.

Enigiemand wat weet waar Wright hom bevind, kan met Lyttleton-polisie kontak maak by 012 644 8633

Saaknommer 05/04/2023

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel