15 persone is vroeër vandag beseer toe ‘n taxi op die R33 naby Seven Oaks, KwaZulu-Natal, gerol het.
Kwazulu Private Amulance Services is na die toneel. Met aankoms is gevind die taxibestuurder het beheer verloor, waarna die taxi gerol het.
Paramedici het die toneel geassesseer en 15 beseerdes gevind. Hulle was matig tot kritiek beseer.
Hulle is op die toneel behandel voordat hulle vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



