‘n Man (38) is Saterdag 22 April 2023 ongeveer 06:00 in Stilfontein, Noordwes, vir die onwettige besit van plofstof in hegtenis geneem.
Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê ‘n lid van Openbare Orde Polisiëring (OOP / POP) Klerksdorp was aan diens toe hy inligting ontvang het van ‘n man in Uitbreiding 6, Khuma-lokasie naby Stilfonteinwat wat na bewering plofstof in sy besit het.
Die inligting is opgevolg en die man is op die hoek van Maruole en Lekomastrate aangetref. Hy is deursoek en is in die besit van 14 handgranate (Mk2 gevind, waarna hy onmiddellik in hegtenis geneem is vir oortreding van artikel 128 van die Wet op Plofstof, 1956 (Act No. 26 of 1956).
Daar is verder vasgestel dat hy ‘n buitelander sonder dokumente is. Hy sal in terme van Artikel 49(1)(b) van die Immigrasiewet, 2013 (Act No. 13 of 2002) as onwettige immigrant aangekla word.
Die verdagte sal Maandag 24 April 2023 in die Stilfontein-landdroshof verskyn.
Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke, oftewel die Valke sal die ondersoek hanteer.
Lt.genl. Sello Kwena, die provinsiale polisiekommissaris van Noordwes, het die lid vir sy spoedige reaksie en dapperheid geprys. Hy het ook die gemeenskap wat die oë en ore vir die gemeenskap is en ‘n tragedie voorkom het, bedank.
Daar is beslag gelê op die handgranate.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



