Twee dood, vyf beseer in kop-aan-kop-botsing

Deel hierdie storie / Share this story

Twee persone het vroeër vandag op die N2 tussen Stanger en Zinkwazi in KwaZulu-Natal gesterf, terwyl nog beseer is.

IPSS Medical Rescue en IPSS Search and Rescue het oproepe van die ongeluk ontvang.

Met aankoms op die toneel is gevind dat twee ligte motorvoertuie reg van voor teen mekaar gebots het.

Twee persone het noodlotting beserings opgedoen en is op die toneel deur paramedici dood verklaar.

Vyf ander persone het matige tot kritieke beserings opgedoen.

Air Mercy Services se helikopter het ‘n persoon wat kritiek beseer was vir verdere mediese behandeling na ‘n gespesialiseerde fasiliteit gevlieg.

Nog ‘n kritiek beseerde persoon is per ambulans vir verdere gespesialiseerde mediese handeling vervoer.

Ander beseerde persone is deur ander dienste na nabygeleë hospitale geneem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel