‘n Bejaarde paar is Woensdagaand 19 April 2023 tuis by die NG Kerk Haakdoornboom, noord van Pretoria-Noord in ‘n landelke gebied, oorval, wreed aangerand en beroof.
Die twee slagoffers is glo eers vasgemaak, waarna die huis en kerk geplunder is.
Ian Cameron van Action SA sê die voorval het tussen 21:00 op 19 April en 02:00 op 20 April plaasgevind.
Kos, selfone, geld, elektroniese toerusting, ‘n gasbottel, en meer is by die twee bejaardes gesteel.
‘n Kragopwekker, klanktoerusting, versterker en luidsprekers is ondermeer uit die kerk gesteel.
Die slagoffers is ongeveer 21:30 aangeval, waarna die verdagtes die misdaadtoneel op die laatste 02:00 die oggend verlaat het.
Die paar kon daarin slaag om hulself teen 03:43 los te kry waarna hulle na die bure toe is om hulp te ontbied.
Sake van huisroof, verkragting en aanranding met die doel om ernstig te beseer, word ondersoek.
Cobie Jansen van Rensburg, van Sektor 3 Pretoria Noord, het die volgende patrolleerders en polisielede bedank: Hennie, Isaac, Matt, Juju en Anneke. Die volgende lede is van Pretoria-Noord SAPD: konst. Kgakwe, konst. Matlakala, s.sers. Moloto, s/AO Landell, asook sers. Ducket en sers. Mahlangu, tesame met ander speurders en forensiese deskundiges, wat uitstaande diens gelewer het.
Skoflede het mekaar op die toneel vervang.
“Enough is enough, the rural communities are living in fear, how many robberies, murders, assaults and rapes must we tolerate before these criminals are apprehended?”
“We urge each and everyone of our community to be vigilant, observant and where possible put extra precautions and safety measurements in place.”
‘n Nood-gemeenskapsvergadering vir die landelike gebied wat by die kerksaal sal plaasvind, word vir 29 April 2023 beplan.
“Kom ons bid met nuwe ywer vir die veilgheid in ons omgewing,” sê dominee Koos Nel, die leraar van die gemeente.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



