Video in berig!
Lee-Andre Brenkman het hierdie video op die Facebook-gemeenskapsgroep Eks van Montana en om omliggende area gedeel.
“Want party mense dink mos hulle kan maak soos hulle wil. Dankie aan die oom in die Ford, jy’t my dag gemaak.”
Hierdie video word wyd en syd versprei.
Dit wys ‘n Toyota Quantum-minibustaxi in trurat met ‘n Ford voor hom wat normaalweg ry.
Dit is duidelik dat die minibusbestuurder in aankomende verkeer verby voertuie gery het om nie volgens padreëls sy beurt tot by die verkeerslig af te wag nie.
Die bestuurder van die Ford, wat volgens sy reg in die baan is, het aanhou ry en die taxi moes noodgedwonge terugstoot na agter.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



