Kyk: Man ‘bad’ in dieretuin se renosterkamp – in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy Woensdag 19 April 2023 net voor 11:30 die oggend in Auckland Zoo in NZ in ‘n renosterkamp gebad het.

Geskokte omstanders het alarm gemaak. Die man was glo vir 20 minute binne die kamp.

Volgens die omstanders het hy eers ‘n skoen ingegooi en daarna in die kamp geklim en na die diere gestap. Hy het in die dam van die kamp geklim en sy gesig en nek in die water gewas.

Dieretuinpersoneel is in kennis gestel van die persoon wat onwettig die kamp binnegegaan het. Hy is deur personeel verwyder en deur die polisie in hegtenis geneem. Hy het wel die dieretuin as ‘n betalende besoeker binnegegaan,

Met dié wat die man na die diere gestap het, het die diere na die anderkant van hul kamp beweeg waar hulle deur personeel versorg is.

Ten tyde van beriggewing was geen klagtes gelê nie, maar die oortreder was steeds in aanhouding.

Bronne: Newshub, 1News, New Zealand Herald

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel