Tienermeisie reeds sedert September 2022 vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Gqeberha vra die gemeenskap se samewerking om ‘n 15-jarige meisie wat verlede jaar in September vermis geraak het, op te spoor.

Volgens die polisie het sy in Voisenstraat in Helenvale vermis geraak. Haar ma het haar op 12 Oktober as vermis aangemeld.

Ten tye van haar verdwyning het sy ‘n denimrokkie aangehad. Sy was kaalvoet.

Enigiemand met inligting kan die polisie by 071 352 4733 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel