Gedurende Januarie 2023 is die derde mobiele Survival Swimming Centre van sy soort by Duduzile Junior Secondary School aan die Suidkus naby Port Shepstone in KwaZulu-Natal geplaas.
Dit is ‘n verhitte swembad wat fisies oral heen vervoer kan word, veral in areas waar infrastruktuur nie die bou van ‘n swembad moontlik maak nie.
Hierdie is ‘n swembad waarin kinders en volwassenes veilige swemvaardighede kan aanleer.
Die verdrinkingsvoorkomingspan van die NSRI het ‘n konsep hiervoor gehad en het onlangs die derde binnenshuise swembad wat vervoer kan word, voltooi en geïnstalleer.
Die eerste twee is in die Oos- en Wes-Kaap geïnstalleer.
Met die eerste twee sentrums het die span reeds die 2022 International Maritime Rescue Federation Award for Innovation and Technology ingepalm.
Hierdie mobiele swembaddens is die eerste van hul soort in die land en in die wêreld. Dit word binne-in ‘n skeepshouer gebou wat vervoer kan word en op enige plek in die land, maak nie saak wat die toestande is nie, geplaas word.
Andrew Ingram, die verdrinkingsvoorkomingsentrum se bestuurder, sê: “There is a lot to consider, logistics-wise. Every installation is a huge learning curve.”
Buiten ‘n gelyke stuk grond wat deur ‘n vragmotor per pad bereik kan word, moet elke houer selfoonopvangs, elektrisiteit en skoon waterbronne hê.
KwaZulu-Natal het die hoogste verdrinkingsyfer in die land, wat ‘n sentrum soos hierdie waardevol maak.
Nkazimulo Nyawose, ‘n NSRI-oorlewing-sweminstrukteur, sal in beheer wees van hierdie derde sentrum waar hy sal seker maak dat dit ‘n skoon en veilige omgewing vir studente, onderwysers en plaaslike mense is wat swemvaardighede in enige weersomstandighede wil aanleer.
Die sentrum kan van ‘n afstand deur die NSRI se verdrinkingsvoorkomingspan gemonitor word om saam met die plaaslike sweminstrukteur seker te maak dat higiëne en veiligheidstandaarde gehandhaaf word.
Dr. Jill Fortuin, die uitvoerdende direkteur van die verdrinkingsvoorkomingseenheid, het ‘n mikpunt van 25 000 lesse vir die jaar gestel met die hoop om tragiese verdrinkings in die provinsie te verminder.
“We have three more Survival Swimming Centres in the pipeline,” says Jill. “One is going to Barcelona! We will reveal more about this project next month. We haven’t finalised specific destinations for the other two yet, but they will probably be placed in locations in the Western Cape and Gauteng.”
Die vervaardiging van so ‘n sentrum, totdat hy in gebruik geneem word, word deur plaaslike besighede, fondsinsamelins en borge moontlik gemaak.
“The NSRI would like to thank Fluidra South Africa, Metalo, Boland Pools & Spas, Dibana Logistics, Delve Aquatic Systems, Pool Clear, Seaco International Shipping Containers, Pools for Africa, and Victron Energy for their generous support.”

Foto: NSRI
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



