Lees ook: Verdagtes in Ocean View-massamoord vry na saak van rol geskrap is
Twee Ethiopiërs is Donderdag in Secunda, Mpumalanga, in hegtenis geneem na hulle glo ‘n sekuriteitswag van Spar met R100 000 omgekoop het om R250 000 se goedere te steel.
Die verdagtes het glo die wag gevra om die goedere uit die stoorkamer te steel en dit by hulle winkels af te laai. Die wag het die voorval aan sy base rapporteer en hulle het die Valke ingeroep.
Die verdagtes sal Vrydag in die Evander-landdroshof verskyn.
Bronne: IOL, News365, Ghanamma, VN Explorer
Lees ook: Verdagtes in Ocean View-massamoord vry na saak van rol geskrap is



