’n Taxibaas is Donderdagmiddag voor motoriste by die R102- en Kissoonweg-kruising in Ottawa, KZN, doodgeskiet.
Reaction Unit South Afria (Rusa) het vanaf 14:09 verskeie oproepe van die publiek ontvang. Verskeie mense het gesê dat twee insittendes van ‘n wit VW Polo na die oorledene se wit Ford Ranger-bakkie gery het. Die passasier het by die VW Polo uitgeklim en met ‘n R5-geweer op die bakkie losgebrand. Die voertuig en die oorledene is verskeie kere getref.
Alle beskikbare beamptes is na die toneel uitgestuur en het met hul aankoms die bestuurder in sy sitplek dood aangetref. Hy het verskeie skietwonde aan sy kop en lyf gehad. Sy 9 mm-pistool was in sy holster aan sy broek. Verskeie gebruikte hoë kaliber patrone is op die toneel gevind.
Daar word berig dat die oorledene ‘n taxibaas van Ndwedwe, KZN, was.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



