Tienerseun in kop geskiet toe hy aan verkeerde deur klop

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Tienerseun van Missouri in Amerika is deur ‘n huiseienaar in die kop geskiet nadat hy per ongeluk aan die verkeerde deur geklop het.

Die 16-jarige Ralph Yarl het aan owerhede gesê dat hy op pad was om sy jonger tweelingboeties op te tel toe hy by die verkeerde huis opgedaag het.

Die tienerseun het die deurklokkie gelui, waarna die 84-jarige Andrew Lester hom twee keer geskiet het – een keer in die kop en een keer in sy arm, berig BBC.

Die voorval het verlede Donderdag plaasgevind.

Volgens owerhede is daar geen woorde gewissel voor Lester die seun geskiet het nie.

Lester het nie ontken dat hy die seun geskiet het nie, maar sê dat hy homself teen ‘n konfrontasie wou beskerm.

Hy het onskuldig gepleit. Yarl is Sondag ontslaan en sterk by die huis aan. Hou FiND iT dop vir meer hieroor.