Vrou en twee vermeende medepligtiges in hegtenis oor dwelms

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou (37) en haar twee vermeende medepligtiges van onderskeidelik 22 en 25 jaar oud, is Dinsdagoggend in verband met die besit en handel in dwelms in hegtenis geneem.

Kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê beamptes het op inligting reageer waarna die vrou in hegtenis geneem is. Sy is na bewering in die besit van 550 kapsules, pakkies en strooitjies gevind wat vermoedelik heroïen was. Sy is ook glo in die besit van 76 Mandrax-tablette en twee selfone betrap.

Inligting het die polisie ook na ‘n ander perseel gelei waar hulle die ander twee verdagtes gearresteer het.

Die dwelms is alles saam ter waarde van R48 000.

Die verdagtes sal na verwagting Woensdag in die Richmond-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel