Man kry lewenslank vir moord op polisielid

Deel hierdie storie / Share this story

Die 40-jarige Thabo Motaung is lewenslange tronkstraf opgelê na die moord op ‘n polisiebeampte in November 2020.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, polisiewoordvoerder, sê Motaung was in Marikana betrokke by ‘n sakeroof waartydens hy en medepligtiges ‘n winkel beroof het.

Lede van die Marikana-polisie was die dag in die omgewing in Marikana toe hulle reageer het op ‘n sakeroof wat ‘n paar dae vroeër plaasgevind het. Hulle het die verdagtes toe by ‘n informele nedersetting in Marikana gewaar. Toe hulle die groep nader, is daar op hulle geskiet.

‘n Polisiebeampte is tydens die skietery doodgeskiet. Motaung is daarna in hegtenis geneem en was in aanhouding tot hy op 17 Apil gevonnis is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel