Vier persone het onherkenbaar verbrand in ‘n kop-aan-kop-botsing wat op die R33 Greytown op pad na Msinga net voor Ngome in KwaZulu-Natal plaasgevind het.
Volgens Arrive Alive het die kop-aan-kop-botsing tussen a VW Polo en ‘n Toyota Quantum-minibus plaasgevind, waarna die Quantum aan die brand geslaan het.
Terwyl die vier passasiers verbrand het, was 12 ander passasiers ongedeerd.
Umvoti-brandbestrydens en ander owerhede was op die toneel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



