Karlien van Jaarsveld het Maandag ‘n video gedeel waarin haar dogtertjie Elah in ‘n eetkamerstoel vassit.
“Wanneer jy gou 5 min. vat om ‘n setpil vir die jongste een te gee vir koors en terugkom op ‘n ander een wat vassit in ‘n stoel.”
Een van die ouer tweeling-boeties het probeer help, maar die komiese sy van die situasie het hulle nie ontgaan nie.
Elah, met ‘n groot glimlag van vermaak, het naderhand gekies om maar liewers in die stoel te bly met haar ma wat van ‘n afstand af dophou.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



