Die polisie op Port Shepstone vra die gemeenskap se samewerking om verdagtes op te spoor vir wie lasbriewe vir arrestasie Dinsdag uitgereik is.
Nzuzo Nkuthalo Njilo en Kwanda Ntshangase word deur die polisie gesoek in verband met ‘n bedrogsaak.
Volgens die polisie het die twee mans hul na bewering as verkoopspersone voorgedoen om ‘n vragmotor in Mei 2021 te verkoop. Die koper het by ‘n motorhandelaar in Boksburg fisies na die vragmotor gaan kyk en toe daarna ‘n groot bedrag geld aan die verdagtes oorbetaal.
Die vragmotor is daarna nooit afgelewer nie, waarna die verdagtes verdwyn het en nie gekontak kon word nie.
Enigiemand met inligting kan die polisie by 076 9829 945 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



