In ‘n video, wat wyd op sosiale media gedeel word, vertel ‘n jong vrou hoe sy glo by Middelburg-staatshospitaal in Mpumalanga aangerand is.
Sy vertel dat sy net ‘n persoon wat fisies naar geword het wou help, toe sy gekeer is om dit te doen.
Volgens haar vertelling wou sy hierna net gaan sit om rustig te raak, toe sy in ‘n hoek vasgekeer is. Sy het glo vir die sekuriteitspersoneel gesê indien hulle haar gaan slaan, sy gaan terugslaan. Sy verduidelik egter dat sy nie fisies geraak het nie.
Sy het gaan sit, waarna sy na bewering deur ‘n groep van ongeveer 10 mense in die teenwoordigheid van ‘n verpleegsuster oorval en aan haar arms opgetel is. Sy is glo aan ‘n bed vasgemaak en fisies met ‘n gordel aangerand, asook gewurg.
In die video wys sy die sigbare beserings oral oor haar liggaam, onder andere aan haar rug, been en gesig. Sy noem dat dit steeds bloei. Dit wil voorkom asof haar linker-voorarm ook beserings opgedoen het.
Die vrou was eers onbekend, maar is intussen deur Middelburg Observer geïdentifiseer as Chrizelda Blom wat 24 jaar oud is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



