‘n Polisiebeampte (37) en ‘n vroulike passasier (34) is Maandagaand dood na ‘n botsing wat op die N1 tussen ‘n Ford Ranger-bakkie en ‘n Volvo-vragmotor plaasgevind het.
Sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, sê die polisie het Maandagaand omstreeks 18:15 inligting ontvang oor die ongeluk wat ongeveer 15 km ver van Kroonstad plaasgevind het. Niemand is tydens die ongeluk beseer nie.
Toe polisielede egter op die toneel was om die verkeer te help reguleer, het ‘n Isuzu-vragmotor deur die ongelukstoneel gebars. Die polisiebeampte en ‘n passassier is gedood.
Nooddienste is na die toneel ontbied en het die beampte en vrou dood verklaar.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



