Kyk: Willem Petzer oor Louis Liebenberg se hofaansoek om likwidasie te stop

Deel hierdie storie / Share this story

Willem Petzer het twee dae gelede ‘n video-opname op sosiale media gemaak ten opsigte van die Louis Liebenberg-hofsaak waarin aansoek gedoen was om die likwidasie van die Liebenberg-besighede stop te sit.

“Die vermeende Ponzi-baas, Louis Liebenberg, verloor hofsaak om likwidasie te stop met koste voorbehou.”

Petzer sê SARS, wat ook ‘n aansoek gebring het vir hul eie redes, was ook nie suksesvol nie.

Volgens hom het duisende mense hom al gekontak om te sê dat hulle geld verloor het.

R2,6 miljard is na bewering by Liebenberg inbetaal waarvan R2,2 miljard uitbetaal is.

Volgens Petzer is daar glo R400 miljoen weg.

Kyk na die verdere verduideling in die video wat in die berig ingesluit is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel