Die legendariese oud-Protea-krieketspeler Jacques Kallis en sy vrou het Woensdagoggend die nuus van hulle babadogtertjie se geboorte op sosiale media bekendgemaak.
Kallis en sy vrou, Charlene, het vroeër die jaar aangekondig dat hulle hul tweede baba verwag.
Hul dogtertjie, Chloé Grace Kallis, is Woensdagoggend gebore.
“Hiermee stel ons ons pragtige babadogtertjie, Chloé Grace Kallis, wat vanoggend om 08:37 gebore is, aan julle bekend. On klein prinsessie wat 2,88 kg weeg, het Pappa reeds om haar pinkie gedraai. Dit gaan goed met ma en baba en Joshy is so lief vir sy klein sussie. Ons harte bars!”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



