‘n Vrou (20) is geskiet en later dood toe sy en drie vriende Saterdag per ongeluk in die dorpie Hebron in die VSA by die verkeerde oprit ingedraai het en die huiseienaar op die motor waarin hulle was, geskiet het.
Volgens CNN was die vriendegroep op soek na ‘n vriend se huis toe hulle by die 65-jarige Kevin Monahan se oprit ingedraai het. Monohan het twee skote van sy voorstoep afgevuur en die 20-jarige Kaylin Gillis is raakgeskiet.
Blake Walsh, Gillis se kêrel, het die aand die motor bestuur. Hy het Dinsdag in ‘n telefoononderhoud met NBC gesê hy, Gillis en twee vriende op soek was na ‘n huis waar ‘n partytjie gehou is.
“Ons het gedink ons is by die regte adres,” het Walsh aan NBC gesê. “Ons het nie enige selfoonopvangs gehad om seker te maak nie. Toe ons besef ons is by die verkeerde adres het ons begin wegry, en dis toe wat alles gebeur het,” berig CNN.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



