Bok van Blerk, oftewel Louis Pepler, en sy vrou Hanna Grobler, wat beide geen bekendstelling nodig het nie, het beide foto’s van hul seun Samuel se heel eerste rugbywedstryde gedeel.
Samuel is die oudste van hul spruite en ook die enigste seun.
Alhoewel Bok as gevolg van werksverpligtinge nie die wedstryde kon bywoon nie, het hy trots op sosiale media gedeel hoe sy seun op pad is om nóg ‘n drie te gaan druk.
Die jongman wat as kaptein vir sy span uitgedraf het, het drie drieë gedruk en die span het twee wedstryde gewen.
Hanna het met nog ‘n spogfoto op sosiale media met ‘n hutsmerk bevestig dat haar stem weg is.
Lees Bok se plasing hier:
Bitter soete oomblik.
My seun op pad om nog ‘n drie te druk die naweek! My seun het die naweek sy eerste rugbywedstryd gespeel, hy was kaptein van sy span en het 3 drieë gedruk. Hy was ‘n uitblinker op die dag en sy span het altwee wedstryde gewen!
Ek het ongelukkig as gevolg van die aard van my werk, wat meestal oor naweke ook is, hierdie groot geleentheid misgeloop. Dit was GLAD nie vir my lekker nie, maar nogsteeds baie trots op die mannetjie!
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



