Vrou wat beweer sy is ontvoerde Maddie praat met FiND iT na ‘eksplisiete foto’s van kinders’ op haar selfoon gevind is

Deel hierdie storie / Share this story

Die Poolse vrou wat beweer het dat sy die ontvoerde Maddie McCann kon wees, is glo by die polisie aangekla nadat daar na bewering eksplisiete foto’s van kinders op haar selfoon gevind is. Na die berigte het FiND iT met Julia Wendell in verbinding getree.

Daily Mail berig die polisie het glo ‘n selfoon wat aan Julia Wendell behoort, gekonfiskeer.

Dr. Fia Johansson, ‘n privaat ondersoeker wat Wendell na Amerika laat vlieg het toe sy DNA-toetse laat doen het, het na bewering die selfoon aan die polisie in Kalifornië oorhandig.

Volgens Daily Mail het Wendell die selfoon in Amerika agtergelaat.

As deel van Wendell se antwoord op die beweringe dat daar eksplisiete foto’s van kinders op haar selfoon gevind is en dat dr. Johansson haar daarvan beskuldig dat sy deel is van ‘n pedofielring, antwoord Julia dat dit een van die drie opsies is:

“Opsie 1: Sy is kwaad omdat sy geld wou verdien deur ‘n dokumentêre film van my, maar toe ek wou huis toe gaan, is haar plan vernietig.

“Opsie 2: Sy is bang. (Ek glo nie in die opsie nie, maar wie weet?)

“Opsie 3: Sy is deel van die ring.”

FiND iT is besig met ‘n indiepte-onderhoud met Wendell en sal dit binnekort publiseer. Hou FiND iT dop vir meer hieroor.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel