Twee persone, onderskeidelik 33 en 43, is Maandag 17 April 2023 in hegtenis geneem nadat Mandrax-tablette op Klein-Brakrivier in hul besit gevind is.
Sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê lede van die Tuinroete-blitspatrollie was besig met ‘n intelligensie-gedrewe operasie toe hulle ‘n silwer Opel Corsa op Klein-Brakrivier op die N2 tussen Groot-Brakrivier en Hartenbos afgetrek het.
Tydens deursoeking van die voertuig is sewe pakke wat 7 000 Mandrax-tablette bevat binne die voertuig gevind.
Daar is op die besending beslag gelê en die twee persone is vir handel in dwelms in hegtenis geneem.
Die verdagtes, wat afkomstig is van George, was ten tyde van die inhegtenisneming onderweg na George.
Hulle sal in aanhouding bly totdat hulle aangekla word en daarna in die landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



