Twee beseer tydens ongeluk – voertuig brand

Deel hierdie storie / Share this story

Twee persone is beseer toe die voertuig waarin hulle gery het op die M4/M41-oprit, Umhlanga, KwaZulu-Natal in ‘n ongeluk betrokke was en hul voertuig boonop aan die brand geslaan het.

Met IPSS Medical Rescue se aankoms op die toneel was die voertuig in vlamme gehul.

Gelukkig het beide die insittendes daarin geslaag om uit die voertuig te ontsnap. Die bestuurder van die voertuig is vir ernstige beserings deur gevorderde lewensondersteunende paramedici behandel. Die passasier is vir geringe beserings deur ander nooddienste behandel. Beide is na ‘n nabygeleë mediese fasiliteit geneem.

Ethekweni-brandbesttryding was op die toneel om die brand te blus.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel