Tiener in hegtenis geneem vir beweerde moord

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Minstens vier sterf in skietery by verjaarsdagpartytjie

’n Tiener (18) van Helenvale, Oos-Kaap, is Sondag in hegtenis geneem vir die beweerde moord op ’n man (42) in ’n huis in Fitchardstraat.

Dit word beweer dat ’n man en ‘n vrou in ’n argument betrokke was toe die verdagte, die vrou se dogter, die man in die bors gesteek het. Hy is op die toneel oorlede en sy is daar in hegtenis geneem op ’n aanklag van moord.

Sy sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Bronne: SAPS, Twitter

Lees ook: Minstens vier sterf in skietery by verjaarsdagpartytjie