Lees ook: Minstens vier sterf in skietery by verjaarsdagpartytjie
Die polisie op Delmas het ’n waarskuwing uitgereik dat motoriste in Mpumalanga versigtig moet wees as hulle saans op die N12 moet ry ná verskeie rooftogte plaasgevind het.
Verskeie voertuie is beskadig deurdat klippe in die pad geplaas word wat motoriste dwing om stil te hou. Wanneer motoriste dan stilhou, word hulle beroof deur ’n groep gewapende mans.
’n Motoris is beroof en daar is op drie taxi’s geskiet. Een passasier is beseer.
Motoriste is gewaarsku om veilig te wees, aangesien die verdagtes nog nie in hegtenis geneem is nie.
Bronne: SAPS, IOL, Jacaranda FM
Lees ook: Minstens vier sterf in skietery by verjaarsdagpartytjie



