‘n Vrou van North Carolina in die VSA se besluit om haar trourok tydens ‘n fotosessie vir haar egskeiding aan die brand te steek, word wyd op sosiale media bespreek.
Meer as 6 miljoen kykers het al na die video van Lauren Brooke, ma van twee, se egskeiding-fotosessie gekyk.
Nie almal dink dis ‘n oulike idee nie… “Ek is ‘n aandagsoekende narsis genoem en mense sê ek was die probleem,” sê Brooke.
“Die fotosessie was nie om die egskeiding te vier nie, dit was ‘n viering van die feit dat ek dit oorleef het.”
Die paartjie het in 2012 die knoop deurgehak en in Januarie vanjaar is hul egskeiding gefinaliseer.



