Montana keur wetgewing goed om TikTok te verban

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Trokdrywers dreig met nasionale stilstand op 30 April

Montana, VSA, het Vrydag die wetgewing om die sosialemediatoep TikTok in dié staat te verban aan die goewerneur vir finale goedkeuring gestuur.

Daar is kommer dat die toep gebruik word om ander lande te monitor en dat die gebruikersdata aan die Chinese regering beskikbaar gemaak word. Daar is ook kommer oor propaganda en misinformasie op die platform.

Baie lande en instellings het die gebruik van die toep op regeringstoestelle verban, insluitend die Europese Kommissie en Parlement sowel as die VK, Australië, Nieu-Seeland en Kanada.

As Montana die wetgewing goedkeur, sal dit eers in Januarie 2024 in werking tree en as die Kongres die toep verban of TikTok nie meer verbind is aan die Chinese regering nie, sal dit nietig wees.

Die wetgewing verbied die aflaai van TikTok in Montana en sal enige “entiteit” wat mense toelaat om dit af te laai of daarop in te gaan beboet.

Bronne: Euronews, BBC, Briefly

Lees ook: Departement van arbeid se rekenmeester in hegtenis na sy glo polisiebeampte probeer omkoop