Lees ook: ‘Neem die Dalai Lama in hegtenis’ sê EFF
‘n Top politiese leier van die Sentrale Tibetaanse administrasie in Indië het Donderdag gesê die mense in Tibet is seergmeaak deur die insinuasies wat gemaak is ná die video waarin die Dalai Lama ‘n seun vra om sy tong te suig.
Hulle sê glo dis “pro-Chinese bronne” wat probeer om die Dalai Lama se beeld te vernietig.
Die Dalai Lama het op 10 April ‘n verskoning uitgereik aan die seun, sy familie en vriende vir die “pyn wat sy woorde moontlik veroorsaak het” na hy in ‘n video die seun gevra het om “aan sy tong te suig”.
Die verdediging vir die “tong suig voorval” deur die politiese leier Tsering is om te sê dit was ‘n “onskuldige grap”.
Bronne: Cape Talk, Indian Express, Hindustan Times
Lees ook: ‘Neem die Dalai Lama in hegtenis’ sê EFF



