‘Neem die Dalai Lama in hegtenis’ sê EFF

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Aanklagtes gedeeltelik teruggetrek teen Hillary Gardee-moordbeskuldigdes

Die EFF het ’n oproep tot die Indiese owerhede gedoen om die Dalai Lama, Tenzin Gyatso, in hegtenis te neem met betrekking tot die beweerde seksuele mishandeling van ’n kind.

Dit volg na die Dalai Lama ’n jong seun wat ’n drukkie wou h,ê gesoen het en gevra het hy moet aan sy tong suig, in ’n video wat wêreldwyd soos ‘n veldbrand versprei het.

Die voorval het volgens berigte in Februarie in Indië plaasgevind. In die video het die seun die Dalai Lama vir ’n drukkie gevra, waarna die leier hom gedruk het en op die wang gesoen het. Toe soen hy die seun op die mond en sê: “Suig my tong”.

Die EFF het Dinsdag ’n verklaring vrygestel waarin hulle gesê het die Indiese owerhede moet die Dalai Lama in hegtenis neem ten spyte van die verskoning wat hy uitgereik het.

In die verskoning het die Dalai Lama se kantoor nie verantwoordelikheid vir die voorval aanvaar nie en slegs gesê die seun het gevra vir ’n drukkie en die Dalai Lama het ’n grap met hom gemaak.

Bronne: IOL, The Citizen, EWN

Lees ook: Thabo Bester se metgesel se pa een van twee wat in hegtenis geneem is