Beweerde dwelmhandelaar doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Beweerde dwelmhandelaar is vroeër vanoggend in Verulam, KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Reaction Unit South Africa sê die man het glo ‘n kroeg verlaat waarna sy lewe deur ‘n doodskoot kortgeknip is.

Beamptes het ongeveeer 00:27 op die toneel aangekom.

Die man is leweloos gevind waar hy in die pad gelê het.

Daar was ‘n Okapi-mes in sy regterhand.

Volgens getuienis op die toneel het drie mans in ‘n silwer BMW met ‘n onbekende registrasienommer glo nadat hy by die kroeg uit is, langs hom gestop.

Na bewering het een van die mans uit die voertuig geklim en ‘n skoot na die oorledene afgevuur.

Hulle het hierna gevlug.

‘n 9mm-patroondoppie is op die toneel gevind.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel