‘n Fetus is Dinsdagaand 12 April 2023 ongeveer 23:00 in ‘n swart asblik in Rystonpad, Hanover Park, Wes-Kaap gevind.
Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê omstandighede rondom die insident word ondersoek.
Geen arrestasies is uitgevoer nie.
Die Philippi-polisie het ‘n saak van verberging van geboorte geregistreer.
Enigiemand met inligting oor die insident kan Stop Misdaad by 08600 10111 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



