Willem Kruger – adv. Gerrie Nel ontmoet met familie

Deel hierdie storie / Share this story

Barry Bateman, kommunikasiebestuurder vir AfriFormum se privaatvervolgingseenheid van adv. Gerrie Nel, het aan FiND iT bevestig dat hulle Woensdag met wyle Willem Kruger se familie vergader het.

Die ontmoeting het plaasgevind om die privaatvervolgingseenheid se analise van objektiewe feite en bewyse aan sy familie oor te dra.

Geen verdere besonderhede kan in hierdie stadium beskikbaar gestel word nie.

Kruger het op 12 November 2022 ‘n ramparty by Henbase Lodge in Morgenzon bygewoon en is die volgende oggend op die plaas Vaalfontein in Groblersdal verwag.

Nadat hy die Sondag nie by sy bestemming aangekom het nie, is hy as vermis aangemeld en ‘n volskaalse soektog is geloods.

Hy sou die Henbase Lodge met sy Toyota Hilux Dakar Supercab verlaat.

Hy is op 22 November 2022 in sy bakkie se kajuit in die Vaalrivier gevind.

Sy gedenkdiens het op 29 November 2022 plaasgevind.

Die stof om sy dood het tot dusver nog nie gaan lê nie. Dit is een persoon wat Suid-Afrika nooit sal vergeet nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel